Ontmoet die span by Marina Matwassers...

Allen Isaacs is die stigter van Marina Matwassers. Die bestuurder Albert Isaacs het met die opleiding en tegnieke van die industriele matwasmasjiene groot geword en het genoegsame ondervinding in die matwas bedryf. 

Elke werknemer in ons matwas span is opgelei en het die ondervinding om hierdie spesialis diens te lewer.

Ons besef dat u huis ‘n refleksie van u persoonlikheid is en daarom is dit vir ons belangrik dat u net die beste diens van ons ontvang. 

Al ons werknemers word persoonlik opgelei om te verseker dat u huis se matte en meubels deeglik skoon gewas word.

Meeste van ons spandeer ongeveer 70% van ons tyd in ons huis daarom is dit van die uiterste belang om te weet dat u huis se matte, sit- en eetkamerstelle en beddens skoon is van bo tot onder.  Daarom verseker ons u dat ons diep skoonmaaksessies deeglik en noukeurig deur ons span en toerusting gedoen word.

Ons industiele masjiene het die vermoë om u matte, eet-en sitkamerstelle en beddens silwerskoon te was en te suig sodat u gemoedsrus kan hê dat u vertrekke en meubels deeglik skoon is.

Alle hardnekkige vuilgoed word diep vanuit u matte verwyder met omgewingsvriendelike skoonmaak produkte deur ons stoomskoonmaak masjiene. 

Ons mat spesialiste is spesifiek opgelei om verskeie voorwerpe deeglik en skoon te was vanaf volvloer matte tot en met verskeie groottes los matte.  

Ons veelsydige industriele masjiene was vanaf banke tot los kussings en as u dit sou verkies die kinders se teddiebere ook.

By Marina Matwassers verstaan ons dat enige iets moontlik is en dat die onvermydelike wel gebeur daarom probeer ons altyd om te help met enige skoonmaak probleem wat voorkom. 

Dit is ongelooflik moeilik om sommige vlekke te verwyder maar ons motto is om ons beste te probeer om die probleem op te los…  Ons gee altyd ons beste om kliente te help en beverdigende diens te lewer sover moontlik.

Kontak gerus vir Allen by 082 754 7734 vir meer inligting of ‘n gratis kwotasie.